Web Analytics Made Easy -
StatCounter

Virseker Versekering

  • Wanneer mens opsoek is na versekering, wil mens dit graag in jou eie taal doen. Dit maak dit makliker om die terme te verstaan en dis nie nodig om te twyfel waarvoor mens gedek is nie. Virseker versekering maak dit moontlik vir Suid-Afrikaners. Virseker bied verskeie produkte aan wat dekking vir die volgende insluit: voertuie, huis & huisinhoud, besittings en ook persoonlike produkte soos ongeluksdekking, begrafnisplanne en regsbystand.

    Wanneer u een van die vriendelike persone by Virseker kontak, sal u besef dat hulle suiwer en verstaanbare Afrikaans praat, wat u sommer dadelik gemaklik sal laat voel. Hulle is baie behulpsaam en is bereid om hulle kliënte op hul hande te dra.

    Wanneer ‘n kliënt dekking kry deur hierdie maatskappy, word daar ‘n deel gegee aan die Afrikaanse Trust om die voortbestaan van die Afrikaanse taal te help bevorder. Hulle bied ook ‘n Gatsakbonus aan as daar vir 4 jaar nie ‘n eis ingesit word nie.

    Versekering in AfrikaansMotorversekering

    Daar is drie dekkingsopsies wat aangebied word deur Virseker vir u kar/motorvoertuig, naamlik Omvattende dekking, Derde party + brand en diefstal dekking en derde party dekking alleenlik.

    Omvattende dekking dek die meeste omstandighede. Derde party dekking dek ‘n derde party indien daar skade aan hulle, hulle motor of hulle eiendom aangebring is. Laasgenoemde kan ook gekombineer word met brand en diefstal, wat u eie motor beskerm in geval van ‘n natuurlike ramp soos brand of hael, ook dan in die geval van diefstal of kaping.

    Indien u belangstel in versekering by Virseker, besoek gerus hulle webtuiste by Virseker.co.za.

  • Kry Kwotasies vir Motorversekering Hier

    Voltooi asb. die onderstaande velde














    Terme en Voorwaardes.



  • Privacy Policy | Cookie Policy | Terms & Conditions

    © 2023 InsurAcar.co.za